Theodorus II Laskaris

Theodorus II Doukas Laskaris
Keiser van die Romeine
(aanspraakmaker)
Theodorus II, uit ’n manuskrip van die 15de eeu.
Theodorus II, uit ’n manuskrip van die 15de eeu.
Titel Keiser van Nicea
(aanspraakmaker: Bisantynse keiser)
Bewind 1254-1258[1]
Voorganger Johannes III Doukas Vatatzes
Opvolger Johannes IV Laskaris
Gebore Omstreeks 1222
Oorlede 18 Augustus 1258
Dinastie Laskaris
Vader Johannes III Doukas Vatatzes
Moeder Irene Laskarina
Vrou Elena van Bulgarye

Theodorus II Doukas Laskaris (Grieks: Θεόδωρος Β΄ Δούκας Λάσκαρις, Theodōros II Doukas Laskaris; omstreeks 1222 - 18 Augustus 1258) was van 1254 tot 1258 keiser van die Niceense Ryk.

Hy was die enigste seun van keiser Johannes III Doukas Vatatzes en Irene Laskarina, die dogter van keiser Theodorus I Laskaris. In teenstelling met ’n vroeëre gebruik het sy pa hom nie as medekeiser laat kroon nie, hoewel hy sedert omstreeks 1241 in die regering betrokke was. Hy is ná sy pa se dood op 4 November 1254 deur die leër en hof tot keiser verklaar, maar is eers die volgende jaar gekroon ná die aanstelling van ’n nuwe patriarg.

  1. Rosser 2011, p. 460.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne